soen
Het jy gehoor?

Clara van 7de Laan (Angelique Gerber) is verloof!

“Ek het dit glad nie verwag nie. Dit was die grootste verrassing van my lewe!” het sy aan Sarie.com vertel.

Angelique het oor die verlowing op twitter gesê: “Ek is verloof!! Ben-G het my gevra op Mauritius se wit strand langs die blouste see! Wow dankie Jesus! Dit was so perfek!”

Die paartjie het nie planne om vinnig te trou nie. Hulle wil eers die verlowing geniet en dit behoorlik vier saam met hulle vriende en familie.

Angelique en Ben-G is al die afgelope drie jaar saam. Hy is ’n skrynwerker met sy eie onderneming.

Hulle is ongelooflik lief vir mekaar en gaan vir seker ’n lang en gelukkige huwelik hê. “Ek het soveel respek vir hom, want hy’t respek vir waar ek vandaan kom,” het Angelique in ’n vorige onderhoud met SARIE vertel.

Angelique se ring

 

 

 

  • Kath

    Baie geluk… Mag julle baie baie gelukkig wees

  • Elize

    Baie geluk julle twee. Julle gaan baie gelukkig wees.

  • Ester

    Baie, baie geluk mag julle ‘n wonderlike lewe saam he. Ek en my man is nou amper 15 jaar getroud en het die Here van dag 1 saam met ons in ons huwelik gebring, ons lewens leuse is: leef vollheid vir God en die res sal vanself kom (moeilik en minder moeilik).

  • Esther de Beer

    Baie liefde en voorspoed vir julle, Gods Rykste Seën.

  • Caroline

    Als wat Clara deurgemaak het verdien sy net die beste.Mag die Here se hand julle behoed en bewaar en maak hom jul eerste pioriteit in lewe.GELUK

  • Lynette

    Baie geluk Ben-G en Angelique. God seen jul. Jul is ‘n stunning paartjie. Omdat God deel is van jul, sal jul vir altyd en altyd baie gelukkig saam wees. Geniet mekaar en bly altyd baie spesiaal vir mekaar. Julle is albei pragtige mense binne en buite. love u lots

  • Patricia

    Baie dankie Sarie. Groot asseblief ons is baie lief vir Clara sy is ons kinders se Idol. Ons maak almal plakboeke van Clara die gewildste sepie karakter op tv. Ons stem saam met Eagan op Tonge los. Sy loop loshande voor as beste vroulike aktrise en sy is pragtig pragtig pragtig ons is so lief vir haar. Nog fotos asseblief. Plakboek kort nog baie fotos van die Liefling van Suid- Afrika

  • Willem

    Geluk pragtige meisiekind. Ons love jou. Jy speel uitstekende rol. Jy is voorwaar beautiful. Sjoe ek het eintlik my hart en siel op jou gehad. If you snooze you loose. Sterkte! Voorspoed! Kinders by doseine!

  • anton

    Geluk Angelique Ben-G kan nie wag vir julle troue se fotos nie. Mag jul baie gelukkig wees. Willem ek stem saam met jou if you snooze you loose. Ek het self my blink oe op hierdie pragtige meisie gehad. Sy is hot! 7de laan is net nie meer dieselfde sonder ons eie Clara nie. Hoop sy keer gou terug

  • vxzebzyk

    uP1zsP vxnotuvlqicb, [url=http://uamscdkrlhga.com/]uamscdkrlhga[/url], [link=http://fbevxhykivyz.com/]fbevxhykivyz[/link], http://sgbzbvhjveto.com/