Het jy gehoor?

Elizabeth Taylor se Cleopatra word 50 … en ons vier dit in styl!

Die vrou …

Cleopatra, wat in die jare 69 v.C. – 30 v.C. geleef het, is steeds een van die bekendste vroueheersers nóg. Sy was die laaste Farao van antieke Egipte, maar hierdie sterk en intelligente vrou se legende strek wyer as dit. Sy het sinoniem geraak met klassieke skoonheid en sensualiteit, wat geïnspireer is deur haar Griekse afkoms en Egiptiese leefstyl.

Cleopatra in Hollywood …

Vyftig jaar gelede het Elizabeth Taylor ‘n ikoniese vertolking van Cleopatra in ‘n gelyknamige film gegee. In die rolprent-geskiedenis sal Cleopatra bekend staan as ‘n fliek van oorvloed en weelde, wat byna die bekende filmhuis 20th Century Fox laat bankrot speel het.

Buiten die hoë produksiekoste (die film is oor twee en ‘n half jaar in Engeland, Italië, Egipte en Spanje verfilm), was dit ook op dié stel waar Elizabeth en Richard Burton se vurige verhouding begin het.     

Alhoewel die fliek deur Hollywood-kenners as ‘n totale mislukking afgeskiet word, het die onvergeetlike kostuums vir ‘n Oscar-beeldjie gesorg. Elizabeth het ongeveer 65 uitrustings in dié film gedra. Glansryke metaalkleurige materiale, noupassende eenskouer-rokke, Griekse draperings, weelderige juwele en die asembenemende beeldmateriaal is kunstig gekombineer om die Cleopatra-legende lewend te maak. En moenie van die grimering vergeet nie!  

Angelina Jolie Angelina Jolie volg nou in Elizabeth Taylor se voetspore deur Cleopatra te vertolk in ‘n biografiese rolprent oor dié vroueheerser. Die fliek sou al lank reeds gemaak word, maar soos Cleopatra in die jare sestig, is dit reeds in kontroversie gedompel. In 2010 was daar groot ongelukkigheid oor die feit dat Angelina die rol gekry het omdat haar velkleur so lig is en die regte Cleopatra se gelaatskleur veel donkerder was. Die oorspronklike regisseur wat die film met Angelina in gedagte aanvaar het, het ook aan die projek onttrek. Nou word die bekende Life of Pi-regisseur, Ang Lee, daarmee verbind.

Die mode …

Die Griekse style het op ‘n merkwaardige wyse ons modes deur die eeue heen beïnvloed. Ons vind dit veral in drapering en eenskouer-snitte, wat altyd klassieke silhouette bly. 

Kry jou Griekse-godin-style binne die SARIE-winkel:

Cleopatra word 50

Kobaltblou Amy-rok van Friends

Saffierblou Jolie-oorkruistop van Michelle Ludek

Cleopatra word 50

Cleopatra word 50

‘n Oorvourok in metaalkleur is altyd sjiek en elegant én baie vleiend vir enige figuur

 – Karlien Labuschagne, SARIE mode-intern

Metaalkleurige oorvourok van Mishah

En moenie jou weelderige bykomstighede vergeet nie!

cleopatra word 50

Goue oorbelle van Smith Jewellery

cleopatra word 50

Zante-palmtas van Zoom

cleopatra word 50

Althia-sandale van Amanda Laird Cherry

cleopatra word 50

Bonkige kettinghalssnoer van Lily & Rose

Het jy geweet?

Cleopatra word 50

Kanariegeel peplum top van Mareth Colleen

Die peplum-silhoeët wat nou hoogmode is, is ‘n klassieke Griekse styl! Die woord “peplum” is afkomstig van die Griekse woord peplos en is ‘n trend wat deur die eeue heen gewild gebly het. Dié modegier is nog lank nie verby nie! En ons kan sien waarom! Dit is vleiend vir byna enige figuur!

Skoonheid en grimering

Cleopatra se geheim? Liters melk en ’n katterige oog!

Een van Cleopatra se bekendste skoonheidsgeheime is dat sy gereeld in melk gebad het. Dit het haar vel glo glad en gesond gehou. Probeer een van die vele melk-reinigers wat vandag beskikbaar is om jou vel op sy mooiste te laat lyk.

Clarins   Clarins Cleansing Milk with Alpine Herbs Normal to Dry Skin (R260 vir 200ml)

Olay Total Effects Cleansing Milk (R80 vir 200ml)

Dit was veral Cleopatra se katoog-voorkoms wat die aandag getrek het. Vandag is ons steeds mal hieroor. Lauren Engelbrecht, verkoops- en opleidingsbestuurder van Smashbox, verduidelik hoe om hierdie verleidelike grimeer-voorkoms in vyf maklike stappe te skep.

Stap 1: Wend ’n basislaag (primer) op jou ooglid aan. Dit sal sorg dat jou grimering langer op jou oog bly.
Stap 2: Trek ’n streep teen die bokant van jou wimpers met ’n vloeibare oogomlyner. Trek dan ’n “vlerkie” aan die buitenste hoek van jou oog. Om seker te maak jy trek ’n soliede, reguit streep, kan jy ’n kolletjie maak waar jou katoog moet eindig. Dit sal ook help om al twee oë dieselfde te laat lyk. Onthou, dit verg maar oefening om dit reg te kry.

Stap 3: Skep die effek van vals wimpers met ’n maskara wat ekstra volume gee.
Stap 4: As jy jou Cleopatra-oog meer dramaties wil maak, kan jy ’n streep vanaf die buitenste hoek van jou oog se waterlyn tot by die vlerkie trek sodat die twee lyne ontmoet. Vir ’n meer moderne katoog is dit beter om die vlerkie nie te groot te trek nie, maar as jy die ware Cleopatra-oog wil kry kan die vlerkie tot naby jou wenkbrou strek!

Stap 5: Hou die res van jou grimering natuurlik en rond jou voorkoms af met ’n natuurlike blosser op die appel van jou wang en ’n tikkie lipglans.

As jy ’n fout gemaak het, is die maklikste om grimeerverwyderaar op ’n oorstokkie te sit en die oogomlyner daarmee uit te vee. Sodra jou oog droog geword het, kan jy weer begin.

Smashbox

Probeer dié produkte:

Catrice Catrice Liquid Liner Smashbox Smashbox Limitless Liquid Liner Pen (R255)
Smashbox Smashbox Full Exposure Mascara (R205)

Smashbox

Maybelline The Rocket Volum’ Express (R121)

Bronne: NY Times, New York Daily News, Vanity Fair