clint-eastwood-variety-cover
Het jy gehoor?

Clint (86) se ‘Sully’ begin vandag!

Terwyl ander 86-jariges rolbal speel, rustig koffie drink en ’n middagslapie vat, is die Hollywood-ikoon Clint Eastwood hard aan die werk. Soos dit nou gaan, lyk dit of hy tot op 100 in die regisseurstoel gaan sit.

Clint is se 39ste rolprent, Sully, waarin Oscar-wenner Tom Hanks die hoofkarakter vertolk, begin vandag in Suid-Afrikaanse teaters te draai.

Sully

Sully handel oor die vlieënier Chesley “Sully” Sullenberger wat in 2009 ’n noodlanding op die Hudson-rivier in New York, VSA, moes maak. En as jy na die lokprent kyk, lyk dit of daar beslis ’n paar Oscar benoemings gaan kom.

Hier’s ’n kort dokumentêr oor dié noodlanding:

Clint was 40 jaar oud toe hy die regie van sy eerste  rolprent behartig het. En in 1967 het hy sy produksiemaatskappy gestig.

In ’n onlangse onderhoud met Esquire vertel Clint dit was sy pa se woorde wat hom nog altyd inspireer het.

“My pa het my geleer wat jy ook al doen, doen dit goed. Wees die beste wat jy kan wees.”

Clint het sewe kinders en al sewe is in die bedryf.

Sy seun Kyle Eastwood (48), ’n musikant en komponis, het die klankbaan vir verskeie van sy pa rolprente, waaronder Invictus, gemaak. En Scott Eastwood (30) het in Invictus gespeel as die Springbok Joel Stransky.

Clint is al vir 11 Oscars benoem, waarvan hy vier gewen het.

Hy is nie al veteraan wat steeds hard in die vermaaklikheidsbedryf werk nie.

Sanger Tony Bennett het al met groot Hollywood-sterre gewerk soos Stevie Wonder, Amy Winehouse, Barbra Streisand en selfs Lady Gaga. Hy het al 15 Grammy-musiektoekennings gewen! Verlede jaar, op 89, het Tony saam met Lady Gaga ’n album, Cheek to Cheek, uitgereik. Dié album is ook met ’n Grammy vereer. En ná al die jare is Tony se stem steeds kristalhelder.

Maar Tony wil nog met een sangeres werk en dis niemand anders as Beyoncé nie, berig ABC News.

Kyk hoe sing Lady Gaga en Tony saam The Lady is a Tramp:

Lees nou

Wat dóén Gisele vandag in Rio?

Lande met die langste mense