Scott Eastwood FOTO: Town & Country

Scott Eastwood FOTO: Town & Country

Het jy gehoor?

Clint Eastwood se seun: ‘Ek wil nie in my pa se skaduwee leef’

Dié 27-jarige gespierde blouoog-akteur is ‘n jong opkomende Hollywood-akteur. Hy het onlangs aan die tydskrif Town & Country gesê dat hy ‘n ernstige akteur en sy eie mens is, en nie heeltyd as Clint Eastwood se seun beskou wil word nie. “‘Vertel die waarheid’, is my pa se motto as regisseur en akteur. En die enigste manier om dít te kan doen, is om jou eie lewenservaringe te hê en ‘n storieverteller te wees,” het Scott gesê.

Hy hou glad nie daarvan as mense dink dat hy sy pa se bedorwe brokkie is en dat alles sommer net so in sy skoot geval het nie. “Ek is my eie mens met my eie loopbaan. Ek wil graag, soos my pa, ‘n leier in die rolprentbedryf wees, maar ek wil glad nie as ‘n ‘akteur se kind’ gesien word nie.”

Scott Eastwood 4 (Town & Country)Scott het twee opkomende flieks waarin hy speel, The Perfect Wave, Dawn Patrol and Fury. In Dawn Patrol and Fury speel hy saam met Brad Pitt en Shia Labeouf (Disturbia & Transformers). Hy het ook die rol van Joel Stransky in die fliek Invictus gespeel. Wanneer hy ‘n oop tydjie het, is hy baie lief vir branderplakry en visvang. Hy is ook in die proses om sy eie whiskey op die winkelrakke te kry: Eastwood Whiskey. Scott het ook al ‘n hele paar keer sy lyf model gehou en sy mees onlangse fotosessie was vir die tydskrif Town & Country.

Scott Eastwood 2 (Town & Country)FOTO’S: ‘n Paar foto’s van Scott Eastwood se fotosessie vir Town & Country.

Gaan kyk hier na nog ‘n paar sexy foto’s van Scott!

Bron: Daily Mail