Scott Eastwood

Scott Eastwood

Het jy gehoor?

Jong Eastwood maak knieë lam in nuwe fliek

Scott Eastwood, seun van die flieklegende Clint Eastwood, is Hollywood se nuwe hartebreker – en hy maak omtrént die meisies se knieë lam in sy nuutste fliek, The Perfect Wave.

Dié fliek vertel die lewensverhaal van die Nieu-Seelandse branderplankryer Ian McCormack wat van die beste branderryplekke ter wêreld besoek het op soek na die perfekte golf, en wat by die dood omgedraai het toe ’n giftige jellievis hom gesteek het. By die hospitaal is hy dood verklaar, maar hy het daarna wonderbaarlik herstel.

Die 27-jarige akteur en model Scott vertolk die hoofrol en was ook glad nie skaam om sy sexy modellyf vir die kykers te wys nie – meisies sal regdeur die fliek na hul asem snak.

Cheryl Ladd (Charlie’s Angels, Chuck en NCIS) vertolk die rol van Ian se ma, en Rachel Hendrix (October Baby) is Ian se meisie in dié fliek. Natuurlik is daar ook ‘n kinkel in die kabel, wat kykers vir ’n paar oomblikke koud laat …

Perfect wave 5

The Perfect Wave word in Suid-Afrika vervaardig en die grootste deel van dié fliek is in Jeffreysbaai verfilm. Volgens branderplankryers is dié vakansiedorp een van die wêreld se beste plekke om branders te ry. Juis om dié rede het een van die vervaardigers, die Suid-Afrikaner Craig Jones, besluit om die fliek hier te skiet en om die première op Jeffreysbaai se strand te hou.

Kyk na nog ‘n paar foto’s van die sexy Scott Eastwood!

Ten spyte van gure weersomstandighede en gerugte van ’n haai-aanval in die omgewing, was die première omtrént ’n geleentheid vir die boeke. Die hele akteurspan én ’n paar groot name in branderplankry het heerlik saam op Jeffreysbaai se strand gekuier.

Hier is ‘n paar foto’s van die première op Jeffreysbaai:

(Klik op die foto om te vergroot)

*The Perfect Wave begin 28 Februarie 2014 in rolprentteaters draai. Hiér is die lokprent:

Bron: FilmContact.com