sr0905sielsdingecoenie
Het jy gehoor?

Coenie de Villiers se swanesang op ‘Kwêla’

Vanaand sal kykers vir die laaste keer die bekende TV-aanbieder Coenie de Villiers op Kwêla sien.

Coenie was die aanbieder van dié program sedert die eerste episode 15 jaar gelede. Hy was net so deel van die meubels soos die rusbanke waarop hy die letterlik duisende onderhoude gedoen het.

Lees ook: Hannes van Wyk is die nuwe aanbieder van Kwêla

Hy verlaat Kwêla, maar nie kykNET nie. Hy is deesdae die aanbieder van ’n Ander wêreld met Coenie.

Vanaand se episode word om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Ons kies Coenie se beste oomblikke op Kwêla, kyk dit hier:

Nataniël en Coenie gesels alte lekker in 2012.

Riaan Cruywagen gesels met Coenie oor sy uittrede as SABC-nuusleser ná 37 jaar in 2012.

Kurt Darren praat met Coenie oor die pad na herstel ná sy ongeluk in 2013.

Amore Bekker word vir ’n verandering deur iemand anders uitgevra.

Dié onderhoud met PG du Plessis is volgens Coenie een van sy gunstelinge oor die jare.

Lucas Maree se vriende reël vir hom ’n konsert kort voordat hy in 2011 oorlede is.

Lees ook