coldplay_karoo
Het jy gehoor?

Karoo vang Coldplay se verbeelding vas

Cinergy Films, Coldplay se plaaslike produksie-maatskappy, het Donderdagoggend begin reëlings tref om oor die naweek die video in en om Kaapstad en in die Klein Karoo te skiet. Dennis Lille, die uitvoerende hoof van Cape Town Film Commision, het dadelik weggespring om alles moontlik te maak.

HIER IS DIE VIDEO:


Coldplay

Die LUR van Ekonomiese ontwikkeling en Toerisme, Alan Winde, was verheug oor die nuus en glo dit sal Kaapse toerisme ’n goeie inspuiting gee, berig Times Live.

Tydens hulle vertoning by die FNB Stadion in Johannesburg, het Chris Martin die hoofsanger van die groep, die gehoor gevra of hulle in dié video wil verskyn. Die gehoor het amper histeries geraak toe hulle dit hoor. Die lede van Coldplay het toe olifant maskers aangesit en die koorgedeelte van Paradise, hul nuwe enkelsnit, gesing terwyl hulle sowel as die gehoor afgeneem is. 

Dit sal op MTV en ander musiekvideo-platforms vrygestel word.

As Suid-Afrikaners het baie van ons ‘n emosionele konneksie met die Karoo, en die langpad wat die Kaap en Gauteng met mekaar verbind. Dié blootstelling kan baie goed wees vir die Karoo wat homself in ‘n moeilike situasie bevind weens olie-maatskappye wat fracking daar wil implementeer.

* Kyk uit vir ’n nostalgiese artikel oor die Karoo in die SARIE November-uitgawe 2011.

Almal van ons het een of ander harts-verbintenis met die Karoo-landskap – verlustig jou aan die landskap wat Coldplay ook bekoor het . . .

'n Windpomp en 'n kerk in die Karoo

Sonsondergang in die Karoo

Karoo Landskap

Prins Albert in die Klein Karoo

Die Brakhuisie met wit geverfde mure, Prins Albert

Die Klein-Karoo-landskap

Windpomp in die skemerVolstruis se kind!Die eenvoudige skoonheid van 'n woestynroos

  • AMANDA ELS

    Ek woon al meer as twintig jaar hier in die groen beboste Oos-Londen, maar hoe trek my hart nie met ‘n punt om nou dadelik in die oop veld van die Klein Karoo te kan gaan stap nie – ai maar dit is pragtige foto’s.
    Ek verlang na my mense daar, die kos, die veld, die oopte – SOMMER ALLES!!
    Maar my knie is so seer ek kan nie eers van my stoel af opstaan nie – ek huil sommer!

    Groete van huis tot huis.

    Amanda Els
    Beaconbaai