FOTO: Instagram @tamarink

Het jy gehoor?

Colin Moss trou

Die voormalige Idols SA-aanbieder en akteur Colin Moss het die afgelope naweek met Tamarin Kaplan getrou, berig Channel24.

Die aantreklike TV-persoonlikheid het glo Sondag met Tamarin getrou. Die paartjie gaan al lank uit en het saam die vervaardigingsmaatskappy Gathered Moss Productions in 2009 gestig.

Volgens Channel24 het hulle buite Stellenbosch op die Rustenberg-wynlandgoed in die tuin getrou. Daarna is kanapees en skemerkelkies bedien voodat die gaste ’n ete onder die bome geniet het.

'n Foto van  Rustenberg-wynlandgoed  waar die paartjie getrou het

‘n Foto van Rustenberg-wynlandgoed waar die paartjie getrou het

Van die gaste het gesê dit is “die mooiste troue wat hulle al bygewoon het”, berig Channel24. Almal het glo tot in die vroeë oggendure gedans.

Die foto’s van hul troudag word later vanjaar in die Wedding Album-tydskrif publiseer.

Colin Moss het in die verlede aan Cosmopolitan gesê sy ideale vrou is een wat van die eenvoudige dinge in die lewe hou – soos hy. Sy moet ook lag vir sy “dom grappe”.

Geluk Colin en Tamarin!

Bron: Channel24