Corine du Toit
Het jy gehoor?

Corine du Toit: Die beste deel van swangerskap is …

Die Suid-Afrikaanse aktrise Corine du Toit is 17 weke swanger en sy deel haar ervaring tot dusver met SARIE.com.

Wat was jou en jou man, Raz Jensen, se reaksie toe jy uitvind jy is swanger?

Ons het op 6 weke uitgevind. Ons was nogal aangenaam verras. Hoewel ons beplan het om met ‘n gesin te begin, het ons nie gedink dit gaan so vinnig gebeur nie! Ek het dadelik begin worry oor hoe my honde-kinders dit gaan hanteer en daarby gaan aanpas.

dsp2152_630w

 

Weet julle al die geslag en het julle ‘n naam?

screen_shot_2013_09_10_at_9.32.23_am_300w

FOTO: Corine het dié sonogram op haar facebook-blad gedeel met die onderskrif ‘Our little alien’.

Nog nie heeltemal nie, maar die dokter het ‘n idee… ons sal maar moet wag vir die 20 weke scan om seker te wees.

Ons wag totdat ons die geslag weet voordat ons ‘n naam kies, maar ek moet sê dis nogal stresvol om ‘n naam te kies wat jou kind vir die res van sy of haar lewe sal moet saamdra! Gelukkig is Jensen ‘n maklike van en baie name werk mooi saam daarmee.

Wat is die lekkerste en slegste ding van swangerskap?

Ek is sover baie gelukkig en voel goed, so daar is nie soveel slegte goed nie, behalwe dat ek voortdurend op die uitkyk is vir badkamers. My man behandel my nou soos ‘n koningin, waar ek voorheen net ‘n prinses was. Dít is baie lekker!

Die beste swangerskap-raad wat jy gekry het?

Alle vroue en babas is anders. Almal gaan advies gee, maar jy moet vat wat werk en vergeet van die res.

Corine du Toit se skoonheidswenke

Wat verras jou tot dusver van jou swangerskap?

Noudat ek swangerskap navors, staan ek in verwondering. Die vroulike liggaam is ongelooflik en ‘n baba is ‘n regte egte wonderwerk. Die Here het ons vrouens goed uitgedink.

Ongelooflike video oor swangerskap – moet-sien!

Gaan jy aanhou werk as die pienkvoet eers hier is?

Ek het so ‘n jaar gelede besluit om ‘n breek te vat van toneelspeel, omdat my passie vir skryf ontplof het. Ek en Sandra Vaughn skryf nou voltyds saam onder die @Lettergreep-naam, ek was voorheen net deeltyds betrokke.

Ons het onder meer die rolprente As Jy Sing, wat in November in teaters te siene is, en Alles Wat Mal Is, wat aan die einde van die jaar begin wys, geskryf. Ons het ook gewerk aan Geraamtes in die Kas (‘n reeks op SABC 2) én is op die oomblik besig met nóg ‘n fliek, maar dis nog baie hush-hush.

Die lekkerte van skryf is dat ek dit enige tyd van die dag (of nag) kan doen en ek is seker ‘n pienkvoet gaan my net nog meer kreatiewe inspirasie gee! 

Eksklusief: Nuwe fliek As jy sing met Bobby, Karlien, Hanna en …?

dsp2175_630wHoe dink jy gaan ‘n baba julle lewe beïnvloed?

Ek weet dit gaan ‘n nuwe hoofstuk en aanpassing in ons lewe wees, maar dis waar ons verwagtinge stop … ons gaan dit vat soos dit kom. Dit bly ‘n baie groot geskenk en blessing!