sr0905covercorine
Het jy gehoor?

Corine du Toit is verloof!

Corine du Toit het verlede Saterdag, verloof geraak aan haar kêrel van 5 jaar, Raz Jensen.

“Ons was in Durban vir die Paasnaweek, en ons het die dag saam deurgebring en die aand lekker gaan uiteet,” vertel Corine opgewonde. Hy het daar in die restaurant die groot vraag gevra. “Dit was baie spesiaal en intiem.”

Corine het glad nie verwag dat hy haar sou vra nie. “Eers toe ek die ring sien, het ek besef wat aangaan,” lag sy.

Op die oomblik geniet hulle die verlowing, en het reeds begin rondsoek na onthaalplekke. “Dit gaan ‘n Kaapse troue wees en ons beplan om in November te trou.”

  • Lorraine

    Corine – jy lyk absoluut stunning. Ek wens daar was sommer baie meer fotos van jou
    Groete

  • Niana Jacobs

    Ag VREESLIK geluk! Mag julle ‘n geseende huwelik he! x