FOTO Twitter

FOTO Twitter

Het jy gehoor?

Corlea Botha – pragtig in geel

SARIE.com het vir Corlea onlangs by die bekendstelling van die Kardashian-susters se grimeerreeks raakgeloop en sy het pragtig in haar geel uitrusting gelyk.

Corlea het behoorlik gestraal in haar geel uitrusting. Haar donker swart hare het mooi gekontrasteer en die heldergeel het haar vel opgehelder.

FOTO: Twitter

FOTO Twitter

Corlea se dramatiese haarstyl wat agteroor gekam en hoog vasgemaak is, het ekstra flair aan haar voorkoms gegee.

SARIE corlea april 2013 RZ

Ons het ook vir die April 2013-uitgawe met Corlea as ons voorbladgesig, geel gekies om die voorblad nóg mooier te laat lyk.

 

 

 

Geel is hierdie seisoen hoogmode…

en is oral op die loopplanke te sien. Baie mense is bang vir geel en dink hulle kan dit nie dra nie, maar dit is glad nie die geval nie. Dit is veral mense met ’n warm veltoon wat geel móét dra.

Vind só uit of geel by jóú pas

• Hou ’n stukkie goue en silwer materiaal teen jou vel. Watter kleur laat jou jou vel ophelder en watter kleur laat jou witter en uitgebleik lyk? As die goue kleur jou op jou beste laat lyk, het jy ’n warm veltoon. As silwer jou kleur is, dan het jy ’n koue ondertoon.

• Dieselfde kan gedoen word met ’n heldergeel stukkie materiaal (soos wat Corlea dra) en ’n blou stuk lap. Jy sal dadelik die verskil in jou velkleur sien waneer jy dié twee langs jou gesig hou.

Wenke: Doen dié toetse in natuurlik lig, nie onder ’n buislig nie. Haal al jou juweliersware af en bedek jou hare met ’n handdoek as dit nie jou natuurlike haarkleur is nie.

 

KOOP IN DIE SARIE-WINKEL

geel

“Warm” kleure lyk goed by mense met warm veltone (as goud en geel jou ophelder). Kies geel, rooi, oranje, bruin en pienk.

As jy ’n koue veltoon het (silwer en blou het die mooiste by jou gepas), kies eerder kleure soos blou, pers, groen en grys.

*Maar onthou: ’n kleur kan self ondertone hê – ’n pers kan warm ondertone soos rooi hê of koue ondertone soos blou of grys. Weet wat pas by jóú vel en kies dit wat jou op jou mooiste laat lyk.

Corlea se naelkuns

Corlea is mal oor naelkuns en haar naels het altyd iets interessant daarop. Sy het by haar helder uitrusting ’n neutrale kleur naellak gekies, maar het dit interessant gemaak deur diamanté daarop te sit.

FOTO: Twitter

FOTO Twitter

Lees HIER wat het nóg ’n Afrikaanse sangeres oor naelkuns te sê

Wat dink jy van Corlea se geel uitrusting?

Bron: WikiHow