FOTO Aubrey Jonsson

Het jy gehoor?

FOTO’S: Corlea Botha hou vakansie in Thailand

Terwyl die meeste van ons terug is by die werk, skop Corlea Botha nou haar optreeskoene uit om vakansie te hou – in Thailand.

Sangeres Corlea Botha, haar ma, Mesadi, en ’n vriendin het verlede week hul vakansie afgeskop en dit lyk of dié drie reuse-pret het.

“Die vlugte was lank en bumpy…maar ons is veilig! Dankie Here! Die weer is fantasties! Ons vaar later die strate en eiland in!” het Corlea Donderdag op Twitter gesê.

Toe hulle by die hotel aankom, is die drie bederf met skemerkelkies en ’n bos blomme elk.

FOTO: Facebook  Corlea

FOTO: Facebook Corlea

“Sommer net vinnig strand toe gegaan… Die water is so kristalhelder dat jy selfs in die nag reg deur dit kan sien!” het sy op haar sosiale media van die vakansieplek gesê.

Met haar geliefdes en ’n selfie-stok byderhand lyk dit of Corlea ’n heerlike rustyd gaan hê.

Corlea sal die einde van die maand weer in Suid Afrika wees en gereed (en uitgerus!) vir optredes.

Lees nou