Mthetheleli Gxoyiya cradock
Het jy gehoor?

Cradock se bekendste petroljoggie

Ons het verlede week die video van die sogenaamde Engen-petroljoggies gedeel wat hulself gate uit geniet en lekker dans.

Intussen het ons uitgevind dat almal op die video nie werknemers van Engen is nie, maar dansers en akrobate van Afrodizzyacts, ’n vermaakagentskap in Kaapstad.

Nadat ons die video gedeel het, het een van ons lesers vir ons dié video aangestuur, blykbaar Cradock se bekendste petroljoggie. Volgens die YouTube-video is sy naam Mthetheleli Gxoyiya.

Hoor net sy stem!

Lees nou

Petroljoggies laat almal met ’n glimlag

Donkies verdien beter!