crowded_house
Het jy gehoor?

Crowded House kom Suid-Afrika toe

Crowded House, die alombekende alternatiewe pop-groep van Nieu-Seeland, kom in Oktober Suid-Afrika toe.

Dié groep het in 1985 die eerste smaak van sukses geproe toe hulle album, Crowded House, na Australië uitgevoer is. Internasionale bekendheid het kort daarna gevolg en hulle opvolgende albums het baie goed In Europa gedoen met liedjies soos Don’t Dream it’s Over en Something so Strong.

Hulle het in 1994 hulle eerste MTV Music Award en die Brit Award vir Internasionale Groep van die Jaar gewen. Dan nie eers gepraat van al die Australiese toekenning wat hulle ingeraap het nie.

Na die dood van die dromspeler, Paul Hester, het die drie oorblywende lede, Nick Seymore op baskitaar, Mark Hart op die klaverbordkitaar en Neil Finn wat die liedjies skryf, in 2006 saam met ‘n nuwe dromspeler, Matt Sherrod, weer bymekaar gekom. In 2007 het hulle ‘n nuwe album, Time on Earth, vrygestel en in 2010 het hulle weer ‘n album, Intriguer, vrygestel.

Datums wat die groep in Suid-Afrika sal optree:

  • 26 Oktober by die GrandWest Grand Arena in Kaapstad
  • 28 Oktober by die Durban ICC
  • 29 en 30 Oktober by Carnival City se Big Top Arena in Brakpan
 

Die konserte begin 20h00 en kaartjies kan by Computicket van R263 tot R466 wees.