Het jy gehoor?

Curriebeker-rugbyspelers se vrouens, ma’s verklap hul geheime

Bakkies Botha se vrou, Carien
“Bakkies haat dit om op te gaar en pak sy kas minstens een keer in twee maande reg. Dan gee hy alles weg of gooi uit wat hy nie aantrek of gebruik nie. So no nonsense as wat hy op die veld is, so saggeaard is hy van die veld af. Ons dogtertjie, Carie, draai hom om haar pinkie.”

Bryan Habana se vrou, Janine
Bryan Habana se vrou, Janine

“Ek is mal oor Bryan se ongetemde sjarme. Hy het die vermoë om woorde spontaan inmekaar te vleg en ‘n glimlag op my gesig te sit wanneer hy vir my ‘n romantiese gediggie stuur. Hy sal nooit iets sê wat hy nie bedoel nie. Sy bynaam in die universiteitskoshuis was Tiger. As ek hom daaroor vra, is hy nie seker waarom hy dit gekry het nie, maar ek weet dis eintlik eenvoudig, want wanneer ek aan Bryan dink, is daar net een woord: ‘Grrrrr!'”

Akona Ndungane se ma, Sheilla
Akona Ndungane se ma, Sheilla

“Akona (regs op die foto) is baie lief vir stampmielies, maar sy gunsteling-kos is suurpap. Hy en sy tweelingbroer, Odwa, wat vir die Sharks speel, was net twee en ‘n half jaar oud toe hul pa, wat self ‘n groot liefde vir rugby het, hulle Sondagoggende na die rugbyveld geneem het om te oefen.”

 

Gurthrö Steenkamp se ma, Maureen

Gurthrö Steenkamp en sy ma

“Hy stap nie verby ‘n skoenwinkel sonder om sy skoengrootte te soek nie. Sy pa het hom altyd ‘Ghoenks’ genoem. Hy is ‘n vredeliewende ou en ek bewonder hom daarvoor dat hy omgee vir sy familie en mense wat nie so bevoorreg is nie. Hy lees graag biografieë, luister na musiek of ontspan deur te fliek, en hy hou van sy steaks.”

Fourie du Preez se verloofde, Janè van Niekerk

Fourie du Preez en Janè

“Fourie is baie lief vir musiek. Hy is altyd op soek na nuwe bands en download die nuutste liedjies nog voor dit treffers word.”

Victor Matfield se vrou, Monja

Victor Matfield en Monja

“Terwyl ek en ons dogtertjie, Jaime, nog soggens lê en slaap, is Victor al op. Dan kry ons tee in die bed.”

Juan Smith se vrou, Caroline
Juan Smith en Caroline

“Juan is lief vir die buitelewe en leer my baie van die natuur. Hy is ‘n ou met sterk Christelike beginsels en inspireer gewoonlik almal rondom hom. Hy’s handig, maar die kombuis is nie sy afdeling nie!”