Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei

Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei

Het jy gehoor?

‘Daar is nie ’n skandaal nie’ – Chris Martin oor Gwyneth Paltrow

Chris Martin het in ’n radio-onderhoud gepraat oor sy (ingewikkelde) verhouding met Gwyneth Paltrow.

In die onderhoud op iHeartRADIO se program Valentine In The Morning het Chris openlik gepraat oor sy huwelik met die Oscar-wenner en die tipe verhouding wat hulle deesdae het.

Chris en Gwyneth het in Maart vanjaar aangekondig dat hulle paadjies gaan skei – lees meer hier.

“Ek is nie eintlik mal daaroor om oor dié goed te praat nie,” het die Coldplay-sanger begin toe hy gevra is of hy en Gwyneth weer aan hul huwelik werk.

Radio-aanbieder Sean Valentine het hom hieroor gevra na aanleiding van Chris en Gwyneth se vakansie in die Bahamas saam met hul kinders, Apple (10) en Moses (8), asook foto’s van die paartjie wat hande vashou ná die aankondiging dat hulle van bed en tafel skei, berig People.

Wat ons aan die begin van die jaar aan almal vertel het, is die waarheid,” het hy vertel oor die aankondiging op Gwyneth se webblad Goop. Die paartjie het hul vreedsame skeiding as ’n “conscious uncoupling” beskryf.

“Ons is baie na aan mekaar, maar nie bymekaar nie. Dis die waarheid en dis al,” het hy uitgewei voordat hy die gesprek afgesluit het.

Daar is baie liefde tussen ons, so daar is nie ’n skandaal nie.

Chris oor Gwyneth


FOTO: Gwyneth en Moses (8)

Luister na die volledige onderhoud op iHeartRADIO HIER

Bronne: iHeartRADIO & People

Nóg oor Chris en Gwyneth