nigella_getty
Het jy gehoor?

Fanie Cronjé blog: Daar was altyd Nigella…

Wat my veral fassineer, is die vet-Nigella-maer-Nigella. (Ek het baie gehou van die groter weergawe.) Haar look was vir my fun en het haar passie gewys vir lekker kos maak, lekker eet, lekker kuier, lekker en lekker lag.

Kom ons kyk nou maar vir eers verby die nare insident… Ons moet eintlik ook vir haar sê dankie daarvoor, want die wêreld kan nou sien hoe naar en aaklig enige vorm van boelie is!

Ek het nog altyd oor die volgende gewonder: As jy nou so yo-yo (vet-maer-vet-maer), hou jy die klere? Of glo jy in jou hart jy sal nooit weer vet wees nie, en gooi jou vet-klere weg?

Opvallend van Nigella is dat sy dieselfde styl gehou het. Dit was nog altyd noupassende goed wat haar kurwes afgewys het.

Kenmerkend met die swart hare wat los en golwend op haar skouers hang, kan Nigella ‘n eenvoudige, swart, noupassende v-nek top of trui aantrek by ’n noupassende potloodstreepromp of ’n lang, swart broek; ‘n kraaghemp met ‘n mooi blou denim. Of ‘n rooi rok met lang moue, perfek gevorm oor haar heupe, wat eindig net op haar knie met ‘n paar superhoë hakskoene.

Sy eksperimenteer nie met klerestyl nie en dit is basies haar klerekas – klassiek.  In verskillende kleure – pers, groene of selfs pienk, afhangende van die seisoen. Sy sal ook variasies dra, miskien is die mou bietjie korter of langer, maar dit is altyd daardie klassieke ek-weet-wat-werk-vir-hierdie-lyf.  “Of ek nou vet of maer is, Nigella bly ek, en dit is my styl.” 

Miskien is dit hoekom sy so mooi is  en hoekom dit ons nooit gepla het dat sy so vet was nie, want dit het nooit saak gemaak nie. Sy was net altyd hierdie beautiful vrou. Ons het nooit gesê: “Hier kom die groter Nigella” nie.

En ek dink dit is nogal iets wat ‘n mens moet besef – sou jy dan nou oorgewig wees, en dit pla jou ontsettend, hou op kla daaroor en word maer! Of, dit is hoe ek lyk, ek geniet dit! Kom ons drink nog ‘n hot chocolate met ekstra room net voor ek gaan slaap. Dalk maak ek selfs ‘n broodjie en sit dit langs my bed – vir ingeval ek in die nag wakker word en honger is, nes Nigella dit sal doen. En nes Nigella dit sal maak en eet met iets baie spesiaals, soos lekker kaas, goeie koue vleis en dalk ‘n vars, eksotiese blaarslaai en tamatie…

Fanie Cronjé

Fanie Cronjé is ook te sien op 10 uit 10 op kykNET