Cara Delevingne FOTO: M.A.C

Cara Delevingne FOTO: M.A.C

Het jy gehoor?

Dalk die einde van Cara se loopbaan …

Op 21 was sy een van die wêreld se topmodelle, nou mag alles dalk vir Cara Delevingne verby wees…

Sy het een van die mees suksesvolle modelloopbane gehad en binne `n kwessie van ‘n paar maande was haar naam op almal se lippe. Maar Cara Delevingne se loopbaan mag dalk kortgeknip word.

Dit was Kate Moss wat vir Cara aangemoedig het om dokter toe te gaan nadat sy tydens die Parys Modeweek rooi kolle uitgeslaan het. Nou wil dit voorkom asof Cara aan die velkondisie, psoriase ly.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kry welige wenkbroue soos Cara s’n

Die velkondisie wat vererger as jy onder druk is, veroorsaak sigbare rooi sere oral oor die lyf. Cara het gesê dit het slegs tydens dié modeweek gebeur, maar dit is natuurlik een van die slegste tye vir ‘n model om ‘n uitslag onder lede te hê. Toeskouers het dié merke egter al in Februarie opgemerk, maar net gedink dit is gewone sere. Cara is bekend vir haar wilde partytjie-maniere.

Nou het die model ander loopbaanplanne. “Ek wil musiek maak, ek wil toneelspeel en sing. Ek wil iets doen wat my vel nie laat opvlam nie.” Cara het reeds haar toneelspiere gerek toe sy verlede jaar ‘n klein rol in Anna Karenina gehad het. Sy het blykbaar ook ‘n oudisie vir Fifty Shades of Grey afgelê.  

Bekende model Cara Delevingne wil nou sing

FOTO’S: Cara saam met die model Karlie Kloss – Instagram

Ander sterre met psoriase

Die sangeres LeAnn Rimes

Die musikant Art Garfunkel

Die akteur Jon Lovitz

Die televisie-persoonlikhede Kim Kardashian en haar ma Kris Jenner

America’s Next Top Model Seisoen 7-wenner, CariDee English