Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop 
FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop FOTO: Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

Dalk ’n derde koninklike baba op pad? Prins William dink so!

Prins William het in ’n onderhoud verklap dat hy en sy vrou, Kate, moontlik nog kinders kan hê, berig Hello!

The Duke and Duchess of Cambridge with Prince George and Princess Charlotte in the garden at Sandringham House

A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

“Ons het pas ons tweede baba gekry,” het hy gesê, “[maar] mens weet nooit wat in die toekoms sal gebeur nie.” Die prins was vol lof vir Kate, wat volgens hom ’n ongelooflike ma is: “Ek is baie trots op haar.”

Hy sê verder dat prinses Charlotte vir hulle groot vreugde bring en dat albei kinders saam nogal ’n handvol is. “Klein George is ’n klein apie,” het hy geskerts.

Prins William het Maandag ’n nuwe werk as vlieënier by die East Anglian-lugambulans begin.

Volgens Time.com was die prins beskeie op die vraag of dit vir hom moeilik gaan wees om elke oggend sy familie te verlaat om te gaan werk: “Dit gaan nie moeiliker wees as wat dit vir enigiemand anders is nie.”

William gaan elke maand sy hele salaris aan die East Anglian-lugambulans-liefdadigheid skenk.

Bronne: Hello! en Time.com

Lees ook