Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Dalk wél ‘n ster-troue in Namibië …

SARIE het verlede week berig dat die Namibiese model Behati Prinsloo se troue met die Maroon 5-sanger Adam Levine in Amerika sal plaasvind, maar dalk gebeur dié groot geleentheid nader aan die huis …

Adam se toekomstige skoonma, Magda Prinsloo, het in ‘n onderhoud met America’s Star Magazine gesê sy wens dat die troue in Suid-Afrika of Namibië sal plaasvind. Behati se pa is ‘n dominee en sal graag die huwelik wil waarneem.

h50twitter1_300wSy het wel gesê hulle gaan doen wat die beste vir beide families is, al beteken dit dat hulle oorsee gaan trou. Die ma van die 24-jarige model het nog nie vir Adam ontmoet nie, maar is reeds ingenome met hom. “Adam het vir my en my man, Boet, gebel voordat hy vir Behati gevra het om te trou. Ons is baie gelukkig!”

Dié verlowing het almal onkant gevang omdat Adam en Behati nie vir lank saam was voordat hy op sy knie gesak het nie. Hulle het in Mei verlede jaar begin uitgaan, maar het vanjaar in Maart opgebreek. Net verlede maand het Adam nog vakansie saam met ‘n ander model, Nina Agda, gehou. Adam en Behati het nét verenig, toe Adam besef dié langbeen Nambiër is die vrou vir hom.

candice_swanepoel_with_home_bee_prinsloo_630w

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FOTO: Behati (links) en die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel (regs) is groot vriende in Amerika. As die troue in Suid-Afrika of Namibië plaasvind, gee dit vir Candice ‘n lekker verskoning om haar familie te besoek.

Nóg trou-nuus

jennifer_justin_getty_300wWanneer Jennifer Aniston en Justin Theroux eendag besluit om by die kansel af te stap, sal Jen se ma teenwoordig wees – of so sê Justin.

Jennifer het haar ma, Nancy Dow, in 1999 uit haar lewe gesny nadat sy ‘n boek oor haar geskryf het, From Mother and Daughter to Friends: A Memoir. Jennifer het haar ook nie na haar troue in 2000 met Brad Pitt genooi nie. Sy het wel verlede jaar haar besoek nadat sy ‘n beroerte gehad het.

Maar Justin sit blykbaar sy voet neer. Hy moedig haar aan om haar ma te nooi, alhoewel sy gesê het sy wil nie weer met haar praat nie. Volgens hom het genoeg tyd verbygegaan sodat sy kan vergewe en vergeet.

Sien Jennifer se verloofring hier

Jennifer het intussen ‘n goeie vriendskap met Justin se ma aangeknoop. Phyllis Grissim-Theroux probeer haar glo oortuig om van Los Angeles na New York te trek ná die troue sodat hulle nader aan mekaar kan woon.

Bronne: WENN, Bang Showbiz