fifty shades of grey
Het jy gehoor?

Vroue kry eksklusiewe voorvertoning van Fifty Shades

Vroue kan hulle gereed maak vir ’n eksklusiewe voorvertoning van die langverwagte Fifty Shades of Grey

Het jy elke woord van dié soetsappige trilogie-reeks verorber?  En het jy een keer te veel na die lokprent gekyk? Of dalk kan middel-Februarie volgens jou nie gouer kom nie? Dan is hierdie een nét vir jou!

Die fliekweergawe van E.L. James se eksotiese topverkoperboek, met dieselfde naam, is amptelik die dag voor Valentynsdag op die groot skerm. Tog word Suid Afrika se Evas genooi om dit al op 12 Februarie te kyk, sê Ster-Kinekor.

Plaaslik maak die fliek reeds geskiedenis, daarom is besprekings noodsaaklik.

50-Shades-of-Grey-600x410px-Generic

Die ‘Girlfriends’ Getaway’-geleentheid vind ná 7 nm by die volgende Ster-Kinekor-teaters plaas:

Wes-Kaap

Cape Gate | Cavendish | Blue Route | Tyger Valley| Somerset

Oos-Kaap

The Bridge – Port Elizabeth

GAUTENG

The Zone | Sandton | Cresta | Northgate | Cradlestone | Greenstone | Eastgate | Irene | Brooklyn | The Grove |Forest Hill

KWAZULU-NATAL

Gateway

CINE PRESTIGE:

The Zone | Sandton | Cradlestone | The Grove | Gateway | Cavendish