sr0902suidooster047
Het jy gehoor?

Dankie, SA! Tafelberg nou Nr. 5 in die wêreld

Dit skop stof in die oë van legendariese bergreekse soos Everest, K2 en Kilimandjaro, met ‘n massiewe sprong van 24ste na die nuwe nr. 5-posisie.

Ander inskrywings (in ander kategorieë) uit Afrika sluit in die Kalahari-woestyn, die Groot Sinkdal in Kenia, die Kremetartboom-laning in Madagaskar, die Tanganjika-meer, die Kafue Nasionale Park in Zambië en die Victoria-waterval op die grens tussen Zimbabwe en Zambië.

Die amptelike 7 Nuwe Wonders van die Wêreld word in 2011 aangekondig.

Besoek www.new7wonders.com vir meer en stem!

STEM!
Tafelberg moet onder die top-11 in sy kategorie bly om moontlik as een van die 7 Nuwe Wonders van die Wêreld beskou te word. En jy kan help deur te stem by www.votefortablemountain.com of kontak die Sweefspoormaatskappy by 
021 424 0015.