Videogreep: Youtube

Het jy gehoor?

Dans op Emo Adams se ‘Shongololo Shuffle’ en word ’n ster

Maak ’n dansie op, neem dit af en staan ’n kans om in Emo Adams se nuwe musiekvideo te wees.

Wanneer ’n shongololo (of duisendpoot) se 1000 bene tegelyk saam werk om hom vorentoe te laat wurm, noem jy dit die shongololo shuffle. Of dit is hoe Emo dit sien.

Sy nuwe liedjie, “Shongololo Shuffle” sit sommer vinnig in jou kop vas en jou voet wil outomaties begin ritme hou. Neem nou hierdie inspirasie en omskep dit in ’n dans – miskien word jy gekies om in die musiekvideo te wees!

Hoe werk dit?

  • Luister na die liedjie hieronder
  • Kry jou vriende, familie, kennisse of enigiemand wat jy dink hou van dans en werk ’n dans uit vir die liedjie (van begin tot einde)
  • Neem dit af, laai dit op Youtube en stuur die skakel aan emo@live.co.za 
  • Die wen-video sal dan die amptelike musiekvideo vir die liedjie word en Emo en sy produksiespan sal na jou toe vlieg om jou dans professioneel af te neem
  • Enige iemand kan inskryf – dansers, choreograwe, skole, trompoppies, kollegas en sportspanne