FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Darren Scott se Sarah-Kate stap weg met die kroon

Die radio-omroeper Darren Scott se vrou, Sarah-Kate, is die naweek as die wenner van die Mev. Suid-Afrika-kompetisie gekroon.

Darren en Sarah-Kate het twee seuns, Mark en Matthew. Hul oudste, Mark, het ’n gewas  gehad en moes chemoterapie ondergaan. Ná sy chemo verlede jaar het hulle vir hom ’n partytjie gehou met die tema  “Klaar met chemo, tyd vir Nemo” – Mark se gunstelingkarakter uit die fliek Finding Nemo.

“Ons is nou net ’n doodnormale gesin wat tyd maak vir mekaar,” het Sarah aan SARIE.com gesê. “Darren is dalk bekend vir sy werk, maar by die huis is hy net my Darren. En hy doen alles wat hy kan vir my en vir Mark.”

Matthew is verlede jaar in September gebore.

FOTO’S: Sarah-Kate stap weg met die Mev. SA-kroon