Het jy gehoor?

FOTO’S: Darren Scott vier sy 50ste verjaardag

Die radio-omroeper Darren Scott het die naweek sy vyftigste verjaardag met ’n Great Gatsby-partytjie gevier.

Darren se vrou, Sarah-Kate, het dié verrassingspartytjie, wat Saterdagaand gehou is, gereël. Van sportsterre tot TV-sterre en sangers was daar, met onder andere Kurt Darren, Derek Watts en oud-rugbyspeler David Campese wat foto’s van dié spesiale partytjie op Twitter gedeel het.

Darren, wat deel is van die aanlyn-radiostasie Ballz Radio, en Sarah-Kate het twee seuntjies – Mark en Matthew. Die paartjie beplan ook om gou weer swanger te raak – lees hier oor die interessante manier hoe!

Só lyk Darren Scott se gesin

Oud-rugbyspeler David Campese by Kurt Darren

FOTO: Twitter

Die eregas op die Great Gatsby partytjie saam met sangeres en radio-omroeper Almarie du Preez by nog 'n partytjiegas

FOTO: Twitter

Carte Blanche se Derek Watts by die sangeres Almarie du Preez

FOTO: Twitter

Darren saam met Ballz Radio se Diana Fenshem en die aktrise Haley Owen

FOTO: Instagram

Drie legendes: Derek Watts van Carte Blanche, oud-Springbok David Campese en die sanger Kurt Darren

FOTO: Twitter

Sasha Martinengo en nog gaste by Darren Scott se Great Gatsby-verjaardagpartytjie

FOTO: Twitter

Die Great Gatsby-tema van die partytjie is ook deurgetrek na Darren se verjaardagkoek

FOTO: Twitter

Sasha Martiningo, Coenraad Hefer, Diana Fenshem en Ian Fraser by die partytjie

FOTO: Twitter

WATTER TEMA SAL JY VIR JOU VOLGENDE VERJAARDAGPARTYTJIE KIES? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!