Het jy gehoor?

Daryl Hannah gediagnoseer met outisme

Die aktrise en model Daryl Hannah is as kind met outisme gediagnoseer. Ten spyte hiervan het sy vir haarself ‘n loopbaan in Hollywood verseker.

 

 

 

 

 

 

Daryl Hannah

 

Sy was die meermin met die vloeiende blonde hare in Splash (1984) wat mans se asems weggeslaan het. Sy was die vrou aan die sy van die sanger Jackson Browne, asook die ontslape John F. Kennedy Jr.  Maar sy ly aan intense skaamheid en outisme.

Die professor-sindroom

As kind het Daryl gely aan ‘n verlammende skaamheid as deel van haar outisme. Sy het onlangs met People hieroor gesels. “Ek was nog nooit gemaklik daarmee om die middelpunt van aandag te wees nie.”

Franja du Plessis oor hoe sy uit haar dop moes kruip

Daryl was altyd senuagtig om vir rolprentvervaardigers te vertel van haar outisme. Sy het in die verlede geweier om onderhoude te doen om haar flieks te bemark. Daryl het oor die jare geleer om sekere aspekte van haar steurnis te oorkom. “Ek het vaardighede aangeleer wat my lewe 20 jaar gelede baie makliker sou maak. Ek het soveel tyd gemors terwyl ek bang, selfbewus en onseker gevoel het. Die lewe is te kort om oor klein dinge te stres.”