beckhams_getty
Het jy gehoor?

David Beckham die eerste man op dié Britse vrouetydskrif se voorblad

Die Julie-uitgawe van die Britse Elle het ‘n Olimpiese Spele-tema, daarom is daar besluit om vir die eerste keer sedert hul ontstaan ‘n man op die voorblad te gebruik. En wie dan nou beter as sokkerster David Beckham! Wonder of vroulief Victoria hom ‘n paar wenke sal gee voor die tyd…

Volgens die hoofredakteur, Lorraine Candy, was dit ‘n maklike besluit omdat David vir die Britte ‘n nasionale held is. Hy is bekend vir sy sporttalent én sy modesin, daarom maak dit hom die perfekte keuse vir dié baanbreker-voorblad.

Die voorbladfotosessie is gisteraand (Dinsdag 10 April) in Los Angeles gedoen. Die uitgawe sal 30 Mei op die rakke verskyn en die Olimpiese Spele skop 27 Julie af.