FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

David Beckham en sy seun speel saam sokker vir liefdadigheid

Die voormalige sokkerster David Beckham en sy oudste seun, Brooklyn (16), het die afgelope naweek ’n sokkerwedstryd vir liefdadigheid gespeel.

Dié wedstryd is deel van ’n veldtog, 7 games in 7 continents, ten bate van Unicef (Verenigde Nasies se Kinderfonds). Volgens Hello! was David verheug om die veld met Brooklyn te deel.

Voor dié wedstryd het David saam met sy drie ander kinders, Romeo, Cruz en Harper, vir die kameras geglimlag terwyl Brooklyn langs die veld opgewarm het. David het in ’n toespraak vir toeskouers vertel hoe baie dit vir hom beteken om weer op die sokkerveld te wees – veral vir ’n goeie doel.

Hy het in 2013 uit professionele sokker getree.

Prins Harry was een van die toeskouers wat die wedstryd tussen Engeland en ’n wêreldspan met top-spelers ondersteun het.

Hier is ’n paar hoogtepunte van David se 7 games in 7 continents-toer

Antarktika

Buenos Aires

Amazing day in Buenos Aires playing with the kids from the community #loveofthegame @unicef A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

Papoea-Nieu-Guinee

Djiboeti

Lees ook