FOTO: Instagram  @davidbeckham

FOTO: Instagram @davidbeckham

Het jy gehoor?

David Beckham hou sy lyf akteur

Die voormalige sokkerspeler David Beckham sal een van die dae sy filmdebuut maak in Knights of the Roundtable: King Arthur, berig HELLO!

Hy en die regisseur, Guy Ritchie, is al jare lank vriende. Hulle het vantevore saamgewerk aan ’n onderklere-advertensie waarin David met nét ’n onderbroek deur Los Angeles se strate hardloop.

Hier is dié smeulende advertensie:


David se rol in Knights of the Roundtable: King Arthur, wat in 2016 in teaters sal begin draai, is egter baie klein. Hy sal net in een toneel te sien wees, en wel as die karakter . Blackleg Leader.

Ander bekendes wat in dié fliek speel, is Charlie Hunnam, Jude Law, Eric Bana en Djimon Hounsou.

Bron: Hello!

Lees ook