FOTO: Instagram  @davidbeckham

FOTO: Instagram @davidbeckham

Het jy gehoor?

David Beckham nou per glas beskikbaar

Die voormalige sokkerspeler David Beckham het onlangs sy eie whisky-handelsmerk, Haig Club, bekend gestel en nou maak gesogte Londense kroeë interessante skemerkelkies daarmee, berig Hello!.

Die bekendste naam vir só ’n drankie is “Blend it like Beckham”, wat sinspeel op die 2002-fliek Bend it like Beckham.

David self het al gesê hy verkies Haig Club skoon of gemeng met appelsap en gemmer.

Early evening tipple with Haig Club @haigclub

A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

Haig Club het note van botterkaramel en vanielje, wat dit perfek maak vir skemerkelkies.

Lees ook

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER