FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is David Beckham die volgende James Bond?

Is David Beckham dalk Daniel Craig se opvolger as James Bond?

Mirror berig dat die voormalige sokkerspeler homself moontlik sal beskikbaar stel vir dié ikoniese rol, aangesien baie van sy aanhangers glo hy is perfek daarvoor.

Volgens Hello! maak die 40-jarige pa van vier geen geheim daarvan dat hy sy lyf akteur wil hou nie: “Ek besef dat baie sportmanne en ander bekendes probeer toneelspeel en onsuksesvol is. Dis ’n moeilike loopbaan … maar ek het dit wat ek soveer gedoen het baie geniet. Ek is beroemd en dus gewoond aan kritiek.”

A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

David het sy eerste filmverskynings gemaak in The Man from U.N.C.L.E. en Knights of the Roundtable: King Arthur. Hy en die regisseur van dié flieks, Guy Ritchie, is goeie vriende.

Hoewel David van ’n nuwe beroep droom, verlang hy glo baie na sokker ná hy in 2013 afgetree het.

Bronne: Hello! en Mirror

Lees ook