David Bowie
Het jy gehoor?

David Bowie oorlede

Die sanger David Bowie het gister in die ouderdom van 69 gesterf.

David is aan kanker oorlede, het sy mediaverteenwoordiger aan The Hollywood Reporter bevestig. Hy het vir 18 maande lank teen die siekte probeer veg, maar het uiteindelik sy stryd verloor.

David Bowie, oftewel David Robert Jones, is op 8 Januarie 1947 in Engeland gebore en het vir byna 4 dekades mense vermaak. Hy is veral bekend vir sy androgene voorkoms in die 1970’s en 1980’s.

Lees meer oor David se loopbaan en sy impak op The Hollywood Reporter.