FOTO: Instagram victoriabeckham

FOTO: Instagram victoriabeckham

Het jy gehoor?

Is David en Victoria Beckham se huwelik in die moeilikheid?

As ons die gerugte moet glo, is die glanspaar David en Victoria Beckham se huwelik van 16 jaar op die rotse, maar volgens Hello! het die modeontwerper en voormalige Spice Girl die skinderstories afgelag. 

Die ma van vier sê sy en David hoef niks aan enigiemand te bewys nie en hulle is sterk as eggenote én ouers.

Grazia berig verder dat Victoria sê sy is geseënd met ’n wonderlike man en gesonde, gelukkige kinders en hoewel hulle almal baie bedrywig is, maak hulle tyd vir mekaar.

David en Victoria is in 1999 getroud. Vier kinders is uit dié huwelik gebore – Brooklyn (16), Romeo (13), Cruz (10) en Harper (4).

Bronne: Hello! en Grazia

Lees ook