FOTO: Instagram 
davidhasselhoff

FOTO: Instagram davidhasselhoff

Het jy gehoor?

David Hasselhoff verander sy naam

Die voormalige Baywatch-akteur David Hasselhoff het sy naam amptelik verander en staan nou net as David Hoff bekend, berig E! online

Hy het dié verandering as ’n “groot verligting” op sosiale beskryf en gesê hy hoop mense verstaan dit.

Die 63-jarige het selfs ’n YouTube-opgelaai om sy naamsverandering aan te kondig: “Ek wou al vir jare van die ‘Hassel’ ontslae raak. Nou is dit amptelik,” sê hy.

Volgens Page Six sê David se woordvoerder dis net ’n grap en vorm deel van ’n veldtog wat die komende naweek in Australië plaasvind.

Bronne: Page Six en E! online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!