FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Beckingham-paleis te koop

Die Beckhams het onlangs hul spogwoning, wat tong in die kies Beckingham-paleis gedoop is, vir n “skamele” £12 miljoen (sowat R193 miljoen) verkoop …

David en Victoria het dié ikoniese huis in Hertfordshire, net noord van Londen, in 1999 vir £2,5 miljoen (sowat R40 miljoen) gekoop. Hulle wil nou eerder in sentraal-Londen woon en die huis waarin hulle belangstel, gaan hulle glo sowat £45 miljoen (R725 miljoen) uit die sak jaag!

n Anonieme bron het aan die Britse skinderblad Mirror gesê die Beckhams wil n nuwe begin met hul nuwe huis hê – David het nou afgetree as sokkerspeler en Victoria begin haarself al hoe meer vestig as n gerekende mode-ontwerper.

Die koper van hul “paleis” gaan nie net kan sê hulle woon in die voormalige huis van die Beckhams nie, ingesluit by dié huisprys is ook twee Jaguar-sportmotors én ’n Ferrari!

Beckham en Ramsay open nie meer restaurant saam

n Ander bron het aan The Sun of Sunday verklap dat David baie hartseer is om hul eerste gesinshuis te verkoop, omdat hulle mooi herinneringe van dié plek het.

Só lyk Beckingham-paleis. Klik hier om nóg foto’s te sien.

Loer ook na ander bekendes se ‘paleise’…

Bron: Mirror