FOTO Getroud met Rugby

FOTO Getroud met Rugby

Het jy gehoor?

David Vlok: Van booswig tot gesinsman

Eers was hy die sluwe Tim Vorster in Egoli, deesdae vertolk hy die rol van die streng pa Gideon Bekker in Getroud met rugby.

Die gewilde dramareeks wat deur Deon Opperman vir kykNET geskep is, is sedert verlede jaar ʼn sepie. Karakters waarmee kykers reeds vertroud was, staan steeds hul plek vol, maar daar is ook nuwe gesigte, onder wie ʼn hele gesin met ’n pa, ’n ma en vier kinders tussen die ouderdom van 16 en 24.

David Vlok is as die konserwatiewe, gedrewe gesinsman Gideon Bekker te sien. Dis sy eerste permanente rol sedert sy Egoli-dae ses jaar gelede tot ʼn einde gekom het. Hy het die rol waarin ons hom leer ken het – dié van die booswig Tim Vorster – 15 jaar lank vertolk.

En hoe voel dit om nou weer in ’n sepie te speel?

“Dit was ʼn ding met die brein,” lag hy. “Nou moet ek weer daagliks woorde leer.” Ná ’n paar jaar as vryskut-akteur geniet hy dit om weer in ʼn vaste rol te speel.

“Toe Deon Opperman my bel en sê hy wil my vir ʼn rol gebruik, toe dink ek net jippie. Ek geniet dit baie. Hierdie is ʼn blessing. Mense onthou my nog as Tim Vorster, ek het hom vir so lank gespeel. Maar stadig maar seker is Gideon Bekker besig om al hoe meer belangstelling te lok.”

Die Bekker-gesin.  FOTO Getroud met Rugby

Die Bekker-gesin.
FOTO Getroud met rugby

Tog verskil Getroud met rugby heelwat van Egoli.

“Ons het met Egoli twee tot drie maande aan ʼn storielyn geskiet. Getroud is baie vinniger, ʼn storielyn duur gewoonlik ʼn week, maksimum drie weke.”

David is op Jagersfontein in die Vrystaat gebore en het op Ermelo skoolgegaan. Ná sy militêre diensplig het hy ingenieurswese aan die destydse RAU gaan studeer. Model- en filmwerk het gevolg voordat hy die rol in Egoli opgeraap het. Hy was van die begindae in die hoofrolverdeling en slegs die laaste drie van 20 jaar nie betrokke nie.

Egoli was gróót en die akteurs daarin supersterre.

“Ek het nie dadelik besef watter impak Egoli op die publiek gehad het nie. Ek het eers later besef ek is ʼn baie groter ster as wat ek gedink het. Dit was lekker. Ek het dit geniet.”

Veral die eerste agt jaar was goed. Egoli, wat toe nog in M-Net se oopkyktyd gewys het, was die eerste in sy soort in die land. Die rol van Tim Vorster was byna ikonies.

Selfs Jack Parow verwys in sy treffer “Cooler as ekke” na die sepie met die volgende lirieke: “Jy dink jy is cooler as ekke, jy is Tim Vorster, ek is Chris Edwards.”

David vertel dit het hom laat lag. “Ek het gedink dis baie sweet.”

David is ongetroud en woon in Randburg. Hy is tevrede met sy lewe en gelukkig in sy nuwe rol. “Dis ’n sepie. As die storie die volgende 20 jaar kan aangaan, sal dit great wees.”

Getroud met rugby: Die sepie word weeksdae om 18:30 op kykNET uitgesaai.

Lees nou

5 dinge wat jy moet weet voor jy jou haarstilis besoek

Ons is opgewonde oor Wessel Pretorius

Elma Smit-blog: Die plooi-oorlog

  • Meri

    Tim Vorster sal altyd een van my favorite akteurs bly !
    Was bly om hom weer te sien, hoop ons gaan nog
    baie van hom sien ❤️