sr1203dawie_roodt01
Het jy gehoor?

Dawie Roodt in hoësorgeenheid ná aanval

Die bekende ekonoom en TV-aanbieder Dawie Roodt is in die hospitaal opgeneem ná hy en sy gesin gisteraand in hul huis in Pretoria aangeval is, berig OFM.

Die gewapende rowers het Dawie se dogter in die oprit ingewag en haar met messe die huis ingedwing, waar hulle haar en die res van die gesin vasgebind het.

Dawie se kollega Willem Basson het aan OFM vertel dat die rowers op soek was na geld. Dawie het vir hulle gesê hy het geld in sy motor en hy is saam met hulle na die motorhuis. Intussen het hy sy hande losgewikkel en die rowers gekonfronteer. Hy het ’n kopwond tydens dié konfrontasie opgedoen.

Willem het bevestig dat Dawie wakker en by sy volle bewussyn was toe hy hom vanoggend besoek het.

Lees meer op Netwerk24 se webtuiste.

Bron: OFM en Netwerk24