Debra Messing
Het jy gehoor?

Debra Messing lyk pragtig in skouerlose rok PLUS dis hoe sy gewig verloor het

Die aktrise Debra Messing het pragtig gelyk in ’n skouerlose rok dié week. Sy het ook onthul hoe sy haar leefwyse verander het om gesonder te wees en só gewig verloor het …

Die 45-jarige aktrise, bekend vir haar rolle in die sitkom Will & Grace en films soos The Wedding Date, het ’n swart Christian Siriano-skepping met goue patroon gedra tydens ’n geleentheid in New York.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van Debra se ontwerperskepping of nie? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

 

 

Gesonder leefwyse

Debra het tydens ’n Amerikaanse televisie-onderhoud met ABC News gesê dat sy sowat 3 jaar gelede ’n groot leefstyl-verandering ondergaan het, berig Huffington Post. Lees die volledige berig hier.

Sy het veral die manier waarop sy na voeding en voedingwaarde kyk, verander. “Ek het byna 20 pond (ongeveer 9 kg) verloor. Dit was nie die doel nie, maar die gevolg van dié verandering. Ek het besef ek moet anders leef, omdat ek konstant moeg was. Vir lank het ek net gedink dis maar hoe ’n werkende enkel-ma se lewe is …”

Debra Messing was nooit oorgewig nie, maar haar gesonder leefwyse het byna 10kg in 3 jaar laat afval

Debra Messing was nooit oorgewig nie, maar haar gesonder leefwyse het byna 10kg in 3 jaar laat afval

Die ma van een, die 10-jarige Roman Walker Zelman, sê dat sy nie groot geword het met gesonde kos nie. “Ek het besef dat wat ek eet my gewig beïnvloed, maar nie besef wat ek eet affekteer ook die buitekant van my nie – my hare, vel en selfs die helderheid van my oë.

Debra het besluit om minder suiker en gluten te eet en ook alle kitskos uit haar dieet gesny. Sy begin haar dag met ’n groen smoothie van boerkool (kale), spinasie, seldery, komkommer, gemmer en suurlemoensap.

Bronne: Huffington Post en People