FOTO: Twitter @DebraMessing

Het jy gehoor?

Debra Messing weer enkellopend

Debra Messing (46) en Will Chase (44) het in 2011 op die stel van die TV-program Smash ontmoet, maar volgens People is dié verhouding iets van die verlede.

Will, wat ook in die gewilde TV-program Nashville speel, was besig om van sy vrou te skei toe hy en Debra begin uitgaan het. Debra was toe dié verhouding begin het, vervreem van haar man van 10 jaar.

Will Chase FOTO: Twitter  @WillChaseMe

Will Chase
FOTO: Twitter @WillChaseMe

Dié paartjie het ook op die kleinskerm mekaar se wederhelftes gespeel en dit het ooglopend gelyk of dié sterre uiteindelik geluk gevind het. Maar helaas, Debra se agent het bevestig dat hul verhouding verby is.

FOTO: Twitter  @WillChaseMe

Will en Debra vroeër vanjaar FOTO: Twitter @WillChaseMe

Bron: People

Lees ook