FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Demi Moore en Ashton Kutcher amptelik geskei + Ashton wil die ja-woord vra

Hulle huwelik was op almal se lippe. Demi Moore en Ashton Kutcher, wat 14 jaar haar junior is, het in 2005 getrou. Maar in 2011 het hul paadjies geskei. Ná ’n lang skeisaak is hulle gister uiteindelik amptelik geskei.

Ashton het glo net vir dié finale dokumente gewag voordat hy vir sy huidige meisie, Mila Kunis (dié keer 5 jaar jonger as hy), die ja-woord vra. ’n Bron het aan Huffington Post gesê dié twee gáán trou – die vraag is net wanneer. Hul medester op That 70′s Show, die sitkom waarin dié sterre gespeel het, Laura Prepon, het dit bevestig en gesê sy gaan ’n strooimeisie wees. Wilmer Valderrama wat ook in die reeks gespeel het, gaan blykbaar een van Ashton se strooijonkers wees.

That 70's Show

FOTO: Ashton (links voor) en Mila (agter) staan eersdaags voor die kansel. Laura Prepon (regs voor) en Wilmer Valderrama (middel regs) gaan deel van die gevolg wees.

Ashton en Mila het ook koninklike vriende gemaak. Hulle het onlangs saam met prinses Beatrice van York in Londen baljaar – lees meer hier.

Die skindertonge was ook onlangs los toe dit bekend geword het dat Demi en Peter Morton, die pa van een van haar vorige kêrels, in ’n verhouding is. Alhoewel ouer mans nie regtig dié 51-jarige aktrise se smaak is nie, is sy aangetrokke tot dié 66-jarige sakeman en sy sukses. “Hulle het goeie vriende geraak toe sy en sy seun, Harry, uitgegaan het,” het ’n bron aan E! News gesê. “Peter is baie bekwaam en ’n ‘go-getter’ en sy is mal daaroor.”

Demi en Peter se seun Harry (31), eienaar van die Pink Taco restaurantgroep, het vir byna 6 maande uitgegaan voordat hulle in Mei vanjaar uitmekaar is.

demi-moore-300Volgens People sukkel Demi glo om met die egskeiding én Ashton se nuwe liefde vrede te maak. Sy het in die skei-ooreenkoms geëis dat Ashton haar regskostes moet betaal én vir haar onderhoud betaal en dit is deels die rede dat die egskeiding so lank geduur het. Demi en Ashton het ’n private ooreenkoms oor dié koste bereik.

Bron: Daily News