FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Demi Moore en haar eks-kêrel se pa?

Dit het aan die lig gekom dat dié 50-jarige aktrise en Peter Morton mekaar deesdae gereeld sien. Hy is die pa van haar vorige liefde, Harry…

Alhoewel ouer mans nie regtig Demi se smaak is nie, is sy aangetrokke tot dié 66-jarige sakeman en sy sukses. “Hulle het goeie vriende geraak toe sy en Harry uitgegaan het,” het ‘n bron aan E! News gesê. “Peter is baie bekwaam en ‘n ‘go-getter’ en sy is mal daaroor.” Demi en Peter se seun Harry (31), eienaar van die Pink Taco restaurantgroep, het vir omtrent 6 maande uitgegaan voordat hulle in Mei uitmekaar is.

Demi was met Bruce Willis getroud en hulle het drie dogters saam. Sy is nou in die proses om van Ashton Kuther te skei. Peter was ook al twee keer geskei. Hy was eers met Paulene Stone, ‘n voormalige Vogue-vooblad supermodel, getroud. Peter het vir seker ‘n oog vir ‘n mooi vrou. Demi se  nuwe liefdesbelangstelling is blykbaar deel van ‘n proses om ‘haar spiritualiteit’ te ondersoek. Peter is die seun van die bekende restaurant-eienaar en besigheidsman Arnie Morton.

“Dit is eintlik ‘n baie ongemaklike situasie vir hulle, maar Harry is gelukkig as húlle is,” het ‘n bron onlangs aan die die Britse weergawe van Grazia verklap. ‘n Klop op die skouer vir Harry!

Bron: The Ace Life & Style