Het jy gehoor?

Demi Moore kwyn weg

Bronne het aan E! News vertel dat sy nou byna 40 kg weeg, en dat dit skynbaar te make het met haar verbrokkelde huwelik met akteur Ashton Kutcher. Hulle is onlangs saam by ‘n Kaballah-sentrum in Los Angeles gesien in ‘n laaste poging om hul huwelik te red, ná dit aan die lig gekom het dat Kutcher haar met die 22-jarige Sarah Leal verneuk het. En volgens onlangse berigte het Moore reeds regsadvies gekry om die skeisaak voort te sit.

  • Cora

    Dit is jammer dat sy dit aan haarself doen. Sy was nog altyd so ‘n pragtige vrou. Is dit as gevolg van haar en Ashton se mislukte huwelik of probeer sy nou wedywer met die jonger meisies? Ek dink partykeer so ‘n verhouding waar die vrou soveel jonger is as haar maat maak dit ongelooflik moeilik, omdat sy die heeltyd sy aandag moet probeer hou,veral as die verhouding nie baie sterk is nie. ek hoop regtig sy kom vinnig tot haar sinne, dit is nie die moeite werd om dit aan jouself te wil doen nie.

  • Cora

    Ek het ‘n fout gemaak: ek bedoel, waar die vrou soveel ouer is. Jammer.

  • Ina

    Daai arms van Demi op die voorblad van Life en Style is werklik grillerig. G’n wonder Ashton het nie meer vir haar kans gesien nie. Is die vrou blind? Kan sy nie sien hoe sy lyk nie? Nee, genade, dan eerder my ou vetlyfie as so ‘n seningrige affere!

  • Silvi

    Demi het nog altyd vir my as n sterk vrou voorgekom. Ek kan nie glo dat sy haarself so pateties laat lyk nie. Daar is seker baie beter maniere of die seer te hanteer!! Ag nee Debi ruk jou reg!