Het jy gehoor?

Demi Moore help Ashton Kutcher met nuwe baba

Die ekse Demi Moore (52) en Ashton Kutcher (36) is finaal versoen ná hul uitgerekte egskeiding. Demi het selfs aangebied om Ashton en sy swanger verloofde, Mila Kunis (31), te ondersteun met die grootmaak van hul baba.

Volgens RadarOnline.com het Demi vrede gemaak met Ashton se verhouding met Mila. Demi het geen rede om die egskeiding teen Mila te hou nie, aangesien sy nie die rede was vir háár en Ashton se egskeiding in 2011 nie.

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO: Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO: Instagram (@kunismilena)

’n Bron vertel dat Demi, wat 3 volwasse kinders saam met Bruce Willis het, se moederinstink aangewakker is deur die koms van Ashton se nuweling en sy het glo aangebied om “Mila en die baba op enige manier wat sy kan te help”.

Ashton en Mila, wat al van 2012 af ’n paartjie is, se dogter word binnekort gebore. Hulle het mekaar ’n dekade gelede leer ken op die stel van die program That 70’s Show en was vir jare vriende voordat hulle ’n romantiese verhouding aangekoop het.

Bron: RadarOnline.com

 Lees ook