FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Demi Moore se nuwe jong blaar; Jennifer Aniston is ‘matchmaker’

Dit lyk asof Demi Moore ’n nuwe jong blaar het, berig azcentral.

Die 52-jarige aktrise en Orlando Bloom het saam ’n jogaklas bygewoon. Dié twee is glo deur hul gemeenskaplike vriendin Jennifer Aniston bymekaar gebring.

Dit help ook dat Demi en Orlando passievol oor hul spiritualiteit is: “Hulle albei diep spirituele karakters, wat lief is vir joga en meditasie,” het ’n bron gesê.

orlando bloom

Die 38-jarige The Lord of the Rings-ster is enkellopend nadat hy in 2013 van Miranda Kerr geskei is. Demi en Ashton Kutcher het in dieselfde jaar opgebreek.

’n Bron vertel dat Demi en Orlando se verhouding nog nie ernstig is nie: “Die verhouding is nog nie eksklusief nie. Tog het hulle al ’n paar afsprake gehad. Die potensiaal is definitief daar vir iets meer.”

Die donkerkop-skoonheid is gaande oor Orlando se positiewe ingesteldheid en glo hy sal ’n positiewe invloed op haar dogters hê.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: azcentral