FOTO: Instagram  denisebidot

FOTO: Instagram denisebidot

Het jy gehoor?

Denise Bidot eerste plus-groot Victoria’s Secret-model?

Denise Bidot sal haar oogtande gee om Victoria’s Secret se eerste plus-groot model te wees, berig Daily Mail 

Dalk is dié droom nie so vergesog nie, want die bruinkop-skoonheid het reeds by verlede jaar se New York Modeweek geskiedenis gemaak. Sy was die eerste voller figuur wat vir straight-size handelsmerke op die loopplank verskyn het.

Tydens ’n onderhoud met E! Online het Denise gesê dis juis nou die perfekte tyd om ’n plus-groot model by die uitgesoekte ‘angels’ te voeg: “Ek dink dit sal ’n deurslaggewende stelling van Victoria’s Secret wees … As ’n vrou met kurwes kan ek nie daar onderklere koop nie, want ek pas nie daarin nie.”

A photo posted by Denise Bidot (@denisebidot) on

“Ek glo dit sal ’n positiewe boodskap vir voller vroue wees – hulle is net so mooi en dat Victoria’s Secret alle groottes aanvaar en vier,” het sy bygevoeg.

Victoria’s Secret was in die verlede in die sop oor dié veldtog – lees HIER waarom.

victoria secret

Bronne: E! Online en Daily Mail

Lees ook