FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Deon Coetzee: 3de keer gelukkig

Akteur Deon Coetzee – die humeurige Herman Croukamp in die sepie 7de Laan – het ware liefde gevind. Lank vergete is die dae toe drank en dwelms hom byna vernietig het. Deesdae is sy grootste kick sy mooi vrou, Tertia.

“My vrou, jy’s ’n beaut.” Die nuwe Mev. Coetzee, Tertia Moolman, lag ingenome.
En jy kan sien Deon is trots op sy mooi donkerkop. Hy wil spog.
Op Valentynsdag vanjaar in Port Elizabeth, waar sy oorspronklik gewoon het, het die huwelikseremonie stil-stil plaasgevind.

“Dit is my derde huwelik, maar die eerste keer ken ek ware liefde,” sê Deon. Tertia het ook al “’n paar” huwelike oorleef. Maar sy weet hy is “reg”. “Deon laat my dink aan my pa in wie se oë ek ook niks verkeerds kan doen nie.”

Haar pa, Pieter-Lafras, ’n sakeman, is mal oor sy skoonseun. “Deon behandel my soos ’n prinses. Ek kry soggens koffie in die bed en word verseker ek lyk soos ’n Vogue- model wanneer ek wakker word. Ek is bly die ander vroue het nie sy potensiaal raakgesien nie, want toe kon ek hom wegraap.”

Lees die volledige onderhoud met Deon en Tertia in die September-uitgawe van SARIE.

anna-mart