FOTO: Twitter @Deon Meyer

FOTO: Twitter @Deon Meyer

Het jy gehoor?

Deon Meyer se Feniks vir oorsese TV verfilm

Die spanningsverhaalskrywer Deon Meyer se boek Feniks sal eersdaags as ’n nuwe misdaadreeks in die buiteland op televisie te sien wees, berig Books Live.

 

Deon Meyer

Deon het by een van die boekbesprekings by vanjaar se KKNK gesê dat daar reeds begin is met die skiet van Dead Before Dying. Verskeie van die rolle sal deur plaaslike akteurs vertolk word, maar die rol van die protagonis Mat Joubert is aan die Noorweër Trond Espen Seim, wat al telkemale in die rol van ’n speurder gesien is, toegeken. Die Duitse akteur Boris Kodjoe sal die rol van Sanct Snook, sy “prooi”, vertolk.

Volgens Netwerk24 se Elretha Britz sal dié 1996-roman meer doen as om net Deon Meyer se oorsese “voetspoor” groter en dieper te maak: “Wanneer Dead before Dying, Feniks se Engelse titel, in derduisende huise in die buiteland uitgesaai word, sal dit terselfdertyd ’n toonvenster wees vir Kaapstad waar die spanningsverhaal afspeel.”

Plaaslike reekse waarvoor hy die draaiboek geskryf het, is Orion en Transito. Hy het ook die draaiboeke vir die flieks Jakhalsdans en Die laaste ­tango geskryf.

Bronne: Books Live en Netwerk24

Lees ook