gigi_home
Het jy gehoor?

Deon Opperman skryf GiGi se boek

Die boek is Januarie 2011 bekendgestel. Deon het ook die verhoogstuk met dieselfde naam vir GiGi geskryf, wat sy in 2002 opgevoer het. Vóór dit het sy in die produksie Whore, ook deur Deon geskryf, gespeel.

“Deon ken die bedryf en my storie baie goed,” sê GiGi. “Die boek gaan oor hoe ek in 1990 as eksotiese danser begin werk het, hoe die bedryf oor die jare heen verander het en die moeilike pad wat ek gestap het om Lollipop Lounge oop te maak.

  • Hyla

    ek is hier in London en het n paar tydskrifte gekoop (maar niks kom by SA tydskrifte nie!) toe ek daarin n artikel lees van GiGi en haar ‘werk’ – ek het stil-stil die boek weggesteek want hier kuier ook mense van ander Europese lande en weereens sal dit SA in n swak lig stel omdat sy van SA is en haar ‘ware’ so uitstal en verkoop want volgens die berig kan sy nie wag om baie geld te maak uit die sokker toeskouers nie en daar le daar nog sulke (vet, nou nie juis mooi nie) vrouens en verkoop hulle ware…. so ook is daar artikel van SA se paaie wat steeds in n swak kondisie is en al die geweld…… wens ek kon hier permanent bly as ek lees van al die moord en dood – ou GiGi se sekskepades kan nog gaan….

  • S

    Ag nee wat regtig. In Duitsland is dit dan niks snaaks om in ‘n vaste verhouding te wees en ter selde tyd nog jou "nagwerkie" te he nie. Mense wat "interessante" werke doen is orals in die wereld hoekom sal dit nou juis Suid Afrika in ‘n slegte lig stel?