FOTO: Instagram  @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

Het jy gehoor?

Derick Hougaard: ‘Die prys van professionele rugby’

Die oud-rugbyspeler Derick Hougaard is gister in die hospitaal opgeneem om te probeer vasstel waarom hy vergeetagtig is en erge hoofpyn kry, berig Netwerk24

Hy vermoed dit is as gevolg van rugbybeserings. “Die prys van professionele rugby,” het hy op Twitter geskryf by ’n foto met verbande om sy kop – vermoedelik nadat hy vir ’n MRI-skandering gegaan het.

Dr. Louis Holtzhausen, hoof van die departement sportgeneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat, het volgens Netwerk24 gesê dat dit baie moeilik sal wees om vas te stel of rugbybeserings verantwoordelik is vir sy kopseer en vergeetagtigheid.

Daar word verwag dat hy reeds vandag die uitslae van gister se toetse sal kry.

Lees die volledige berig op Netwerk24

Derick is in 2013 getroud met Karlien van Jaarsveld. Hulle is die trotse ouers van die tweeling, Elia en Daniel, wat in Desember hul eerste verjaardag gevier het. Die paartjie het einde 2014 aangekondig dat Karlien weer swanger is, maar sy het ongelukkig in Januarie vanjaar die baba verloor.

Karlien is op die voorblad van die Junie-uitgawe van SARIE waarin sy gesels oor haar hartseer. “Ek is vry, want ek het vrede.”

Karlien van Jaarsveld junie jun 2015

Bronne: Netwerk24 en Twitter

Lees ook