FOTO: Gaynor Siljeur

FOTO: Gaynor Siljeur

Het jy gehoor?

Desiré Gardner oor Suidooster, swangerskap en Meryl Streep

In SARIE se April 2016-uitgawe vertel die aktrise Desiré Gardner eksklusief van haar swangerskap. Ná agt jaar het sy besluit om die sepie Binnelanders te groet. Nuwe huis, nuwe rol, nuwe haarkleur. SARIE.com het Desiré op die stel van Suidooster gaan besoek.

Einde Maart sal kykers Desiré as die rebelse Carmen in dié Kaapse sepie sien. Met SARIE.com se besoek het sy ’n aan-die-slaap James, haar eersteling, op haar heup gedra.

“Hy het aan die slaap geraak,” het sy gesê terwyl sy klein James op die bank neersit. Desiré is al 21 weke swanger, maar sy dra klein. Sy lyk vol lewe met haar platinumblonde hare!

“Dit gaan goed met my en die baba. My tweede swangerskap is heel anders. Ek ervaar ander dinge. Met James het ek omtrent heeltyd gegloei. Dit was wonderlik! Met hierdie swangerskap is dit ’n bietjie anders, ek kry skete en pyne. Maar dis seker ook oor ek 30 geword het. En as jy 30 word, gaan jou lyf mos bietjie afwaarts,” skerts sy.

Met haar tweede swangerskap is sy lus vir als wat sy nie mag eet nie.

“Sushi, Liquorice allsorts, ’n glas rooiwyn. Alles wat ek nie mag eet nie, wil ek hê!”

Desiré voel reeds tuis by Suidooster. “Binnelanders was vir lank my familie. En jy voel mos maar altyd bang om in ’n nuwe familie in te stap. Maar hier het hulle my gou laat veilig voel.”

En dit lyk of klein James reeds ’n klomp harte op dié stel gesteel het.

“James, hallo James! Die mannetjie is darem oulik,” sê Abduragman Adams, wat die karakter Ian October vertolk.

FOTO: Gaynor Siljeur

FOTO: Gaynor Siljeur

11 vinnige vrae aan Desiré

Meryl Streep of Helen Mirren? Meryl Streep

Pizza of pasta? Pizza!

Wat is jou gunsteling-stokperdjie? Lees

Gunsteling-kleur? Groen

Blond of brunette? Blond

Brad Pitt of George Clooney? George Clooney

Stiletto’s of sneakers? Sneakers

See of bosveld? See!

Wat is jou fobie? Spinnekoppe en slange

Rugby of krieket? Krieket

Feeks of heldin? Heldin

Lees meer oor hoe Desiré se lewe verander het sedert sy Kaap toe getrek het, haar rol in Suidooster en hoe sy en haar man, Chris, gereed maak vir hul tweede kind – eksklusief in jou April-uitgawe van SARIE.

APR april 2016 Rolanda Marais

Suidooster-musiekvideo

Die gewilde Kaapse sanger Alistair Izobell het ’n musiekvideo vir Suidooster se temalied gemaak. Kyk die musiekvideo hier.

Lees nou